Skryfnuus – Afrikaanse kortverhale

Op die oomblik is ek steeds druk besig met NaNoWriMo (National Novel Writing Month), alhoewel ek reeds my 50 000 woorde bereik het. Ek wil die eerste weergawe van die storie The Charms of Life and Death hierdie maand klaarmaak al vat dit meer as 50 000 woorde. Die gevolg is dat ek nog nie weer verder gewerk het aan my Afrikaanse kortverhale nie.

Die konsep van die Afrikaanse kortverhaalbundel waarmee ek besig is, is om ‘n aantal stories te skryf wat, alhoewel hulle alleen kan staan, ook met mekaar moet verbind wees op een of ander manier. Op die oomblik sou ek sê dat die verhale meer magiese realisme is as wat dit net fantasie is. Dit vind ook nie (wel, sover) plaas in enige van die wêrelde wat ek al voorheen geskep het nie, alhoewel die een verhaal dalk in die wêreld van “Memento Mori” gaan afspeel.

Ek beplan om in Desember – terwyl die NaNoWriMo-boek bietjie in die laai lê en stof vergader – aan te gaan met die bundel en die eerste weergawe daarvan klaar te hê. Aangesien dit ’n stiller maand werksgewys is, behoort ek dit te kan doen. Dan sal ek of die volgende Camp NaNoWriMo gebruik om die bundel te hersien, of ek sal dit in Februarie doen sodat dit ook bietjie eers in die laai kan lê. Ek voorsien egter nie baie gelukkige verhale nie – sover is die eerste verhaal se titel “Die uil en die skoppensboer”. Ek kan mos blykbaar nie net gelukkige eindes skryf en klaarkry nie!

Maar intussen wil ek nog ’n paar van my vonkfiksiestories vertaal om op Woes te publiseer en nog ’n paar skryf om ook daar te gaan sit. Maar dit hang ongelukkig alles af van hoeveel tyd ek tot my beskikking het. Ek wil nie vir myself soveel werk gee om te doen dat ek naderhand nie enige tyd het om te rus nie! Hierdie maand gaan die eerste keer sedert Junie wees wat ek ’n oordentlike paar dae verlof het, so ek moet dit regtig so goed aanwend soos wat ek kan.

Maar, tot dan, spook ek dit uit met NaNoWriMo!

 



Categories: Afrikaans, Article, Fiction, Writing

Tags: , , , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Richard's Blog

A quiet corner to talk about my varied thoughts.

Tammy's Reading/Writing Life

A mother, wife, writer, teacher, coach, book fairy, and runner that has random thoughts about lots of topics!

The Official Blog of Horror and Fantasy Writer Lionel Ray Green

"Life is horror and fantasy, not necessarily in that order."

Thoughts of a Bored Writer

My writing. Mostly.

Chris The Story Reading Ape's Blog

READER - WRITER - RESOURCES - & MORE

Hersenspinsel

Afrikaanse fiksie deur Carin Marais

irevuo

art. popular since 10,000 BC

Travel With Nano B.

Travel | Food | Lifestyle

KRISTINA STANLEY

Best-selling Author of the Stone Mountain Mystery Series

Quiet Water Craft

Official crafty blog for my Quiet Water Craft Etsy shop

Julia's Creative Year

my year of trying to be more creative in different ways

Confessions of a Readaholic

Book Reviews | IAuhor nterviews | EST 2013

Art of Shaima

Fantasy Art and Illustration

Jo-Creates

Knit one, Crochet too, then go make something to eat!

whit::knits

(and crochets, and stitches, and is otherwise generally crafty)

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Flash-365

Oh! Take a shit, read a story. - My Mother on flash fiction

Down the Crafting Rabbit Hole

Take a tumble down the crafting rabbit hole, you never know what you'll find.

The Not So Romeo & Juliet Story

love, life, hate, adventures, problems

%d bloggers like this: